Ek love my country!
“If there are dreams about a beautiful South Africa, there are also roads that lead to their goal. Two of these roads could be named Goodness and Forgiveness.” - Nelson Mandela
Waar het dit als begin?
Dit was na 2 jaar se lock-down en ek onthou presies die dag wat my man gesê het 'n vriend het vir ons 'n paar dae by Jeffreys geskenk in hulle strandhuis. Ons het nie 'n sent betaal nie. Ons het nie geld gehad vir 'n vakansie. Covid het ons gebreek.
So ons is af Jeffreys toe met bietjie geld en dankbare harte. Ons mag nie op die strand gekom het nie. Onthou julle dit nog? Crazy. Maar natuurlik het ek dapper see toe gestap en my water bottels gaan vol maak. Basta hulle.
En dis waar alles begin het. So nee, dis nie 'n eendag-lank-lank-gelede storie nie. Dis sommer 'n nou-die-dag storie.
Ek het mense begin vra om seewater saam te bring as hulle met vakansie gaan. En dit het so half al 'n tradisie geword dat vriende en familie incheck om te hoor of ek iets van die see wil hê.
So van Jeffreys tot Kleinmond tot Muizenberg. En elke keer word ek herinner van die pragtige land waarin ons bly. Ek wens net mense in die land will hulle stuitighede laat staan.
Seep wat met sout water gemaak word staan bekend as 'n "brine soap". Meeste seep formuleerders maak self die sout water aan, maar siene dat ek net 'n rede soek om by die beach te kom, gebruik ons sommer die ware jakob.
Soutwater maak die seep harder, sodat dit langer kan hou. Om nie nog te praat van die ekstra natuurlike minerale wat voordeling kan wees vir ons vel nie. Sout is apparently ook bekend vir sy kalmerende effek op sensitiewe of probleem velle. Maar omdat ons nie enige mediese uitlatings kan maak nie, kan ek dit nou natuurlik nie sê nie. Maar ek dog ek noem maar net wat die mense op die internet sê...
So moenie wonder nie. Ons produkte is op Amazon beskikbaar. Sodra ons website up-en-running is, sal ons orders daar begin vat. Andersins moet jy kom inloer by die Bosmark een keer 'n maand in Bloemfontein!
Groete,